Afrikaans Ministry - Perth Uniting Church in the City, Wesley, Trinity, Ross Memorial - Ministry Afrikaans,Youth, Hospitality,Seniors, Worship



Trinity Uniting Church in the City has an English Worship service at 10.00 am every Sunday focussed on families and on uplifting music. There is also an Afrikaans worship service (explained below in Afrikaans) on the last Sunday of every month at 8.30am.

Die Uniting Church het twee jaar begin met gereelde Afrikaanse dienste (die Uniting Church bestaan uit die Methodist, Presbyterian en Congregational Kerke – 3de grootste kerk in Australië). Ons nuwe bediening het ten doel om Afrikaanssprekendes te help integreer in die Aussie gemeenskap terwyl ons ons gereformeerde agtergrond en taal behou. Op “Engelse Sondae” word ons fokus toenemend gerig op gesinne met al meer Afrikaanssprekendes wat deel word. Die Aussie lidmate wil u verwelkom! Wees deel vd Aussie Christene! As u dit nie op die laaste Sondag van die maand kan maak nie, kom enige Sondag om 10:00 na die Engelse diens. U sal 3 uit elke 4 liedere in elk geval ken as dieselfde melodieë as uit die Afrikaanse Liedboek (en FLAM en VONKK) wat die susterskerke gebruik. Op belangrike datums in die Kerkjaar, soos op Goeie Vrydag is daar ‘n Afrikaanse Nagmaal om 8.30vm met wonderlike musiekuitvoerings na die diens vir diegene wat kan bly. Ons het ook jaarliks 'n wonderlike Kerssangdiens en Afrikaanse Kersdiens.

Die dienste vind plaas in die middestad by Trinity Uniting Church in the City
(72 St Georges Terrace – in die Trinity Arcade oorkant Dome). Maklik om met openbare vervoer te beplan
In die UBD is dit op bladsy 2 kruisverwysing C10. Sien kaart van middestad in Perth
Ds
Chris Crause (NG predikant beroep van Franschhoek, en nou leraar in die stad) lei die dienste en daar is regte koffie tee, en Rooibostee(!) en kuier na die tyd. Enige navrae kan aan Chris gerig word by 0407902625 of 61034222 (w)

Dienstye is as volg: Elke Sondag om 10:00 is daar ‘n Engelse diens met ‘n voorafgaande Afrikaanse diens op die laaste Sondag vd maand om 8:30vm. Ons erediensbywoning het groei elke jaar. En natuurlik is daar ook spesiale geleenthede soos Louis Brittz se besoek.

Die Afrikaanse gedeelte van ons gemeente het ook die inisiatief geneem om 'n nuwe boekbesprekingsklub te stig, genaamd die "Circle for Dangerous Thinking" waar ons uitdagende leesstof takel.

Ons het nou ook 'n Afrikaanse Biblioteek en 'n speletjieskamer vir jonger lidmate (wanneer ons oueres koffie of rooibostee drink!)

En dan is daar die nuwe moederskamer! Twee plasmaskerms maak dit moontlik om die PowerPoint te volg asook per geslote kring televisie die diens te volg (met plek vir doeke ruil en gemaklike stoele vir borsvoed ook nog - ag, en lugverkoeling vir die ma's)

Kom loer in. Ons wil u graag bedien.

Groete in Christus

Chris en Henriette Crause.

Klik hier vir 'n onderhoud met Ds Chris oor sy koms van Franshhoek na en die lewe in Perth.

Die foto hieronder is van die ontmoeting tussen Rev Terrence Corkin (General Secretary of the Assembly vd hele Uniting Church) Dr Kobus Gerber (Sekretaris vd Algemene Sinode vd Ned Geref Kerk) en Ds Chris (Uniting Church leraar in die middestad van Perth). Klik hier vir meer oor die historiese kontak.

Ds Chris was ook die eerste afgevaardigde van die Uniting Church in Australia na die Ned Geref Kerk se Algemene Sinode in 2010. Op daardie vergadering is besluit om te beweeg in die rigting van bilaterale ekumeniese bande tussen die twee kerke. 'n Stukkie geskiedenis vir ons kerk. Lees gerus ds Chris se indrukke.

Bereken die Aussie Dollar na Rand of omgekeerd

Ministries

 

Stay informed!
Keep up to date with
what’s happening in
City Ministry
Uniting Church in the City

Contact Details

Uniting Church in
the City Centre

Level 1, 97 William Street
Perth WA  6000
Ph: 08 6103 4222
Fax: 08 9321 9964
Email Us Show Map